Herman Lensing
“Vandag skop ons af met ’n ware klassieke gunsteling. Dis die OG van stolslaaie! Maar julle ken my mos, ek kon nie anders as om hom ’n bietjie op te tof nie. Ek het ’n paar ekstra bestanddele bygesit wat hom nét daai lekker tekstuur gee.”
Genoeg vir 8-10
80 g-pakkie suurlemoenjellie
25 ml kookwater
230 g-houer geroomde maaskaas
250 ml goeie mayonnaise
60 ml vars suurlemoensap
gerasperde skil van 2 suurlemoene
2 groot komkommers, grof gerasper
4 groen appels, ontklok en grof gerasper
4 takkies kruisement, fyngekap
100 g-pakkie pekanneute, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper
vars kruie en komkommerskywe vir garnering
Spuit ’n ringvorm van jou keuse met volume van 2 liter goed met kleefwerende kossproei.
Maak die jellie in ’n groot mengbak met die kookwater aan.
Voeg dit by die maaskaas, mayonnaise, suurlemoensap en -skil en klits tot ’n gladde mengsel.
Voeg die komkommers, appels, kruisement en neute by.
Geur goed met sout en peper. Meng deur.
Gooi in ’n jellievorm. Laat stol in die yskas vir 4-6 uur of oornag.
Doop die vorm ’n paar sekondes in kookwater en keer die stolslaai op ’n dienbord uit.
Garneer met vars kruie soos vinkel en ekstra komkommerskywe.