Foto: Donna Lewis
Sop wat jy maak sonder ’n stoof! Dis lekker vars en fris. Die geheim is om dit goed te geur. As jy vriende oornooi wat vegetariërs is, is dié ’n lekker sop om voor te sit.
Genoeg vir 6 persone
2 komkommers, grofgekap
500 ml Griekse jogurt
1 hand vol vars dille, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
10 ml fyn koljander
5 ml fyn komyn
1 rooi brandrissie, gekap
sap en skil van 2 suurlemoene sout en varsgemaalde swartpeper
Plaas al die bestanddele in ’n voedselverwerker en puree dit teen ’n hoë spoed tot ’n gladde mengsel. Geur baie goed met sout en peper. Plaas vir 10 minute in die vrieskas om vinnig af te koel. Skep in sopbakkies en sit voor met ekstra Griekse jogurt en broodstokkies.
WENK: Jy kan die sop reeds ’n paar uur voor jou kuier maak. Meng dit net vinnig met ’n draadklitser voor jy dit voorsit – komkommer bevat baie water en dit skei uit as die sop staan.