Kasjoe-radys-en-komkommerslaai

Foto: Donna Lewis


Neute is gelaai met goeie olies en proteïene, wat saam met die komkommer ’n wenkombinasie is!

Genoeg vir 6 persone

80 ml olyfolie
40 ml witwynasyn
sap en skil van 2 suurlemoene
1 hand vol vars kruisement, gekap
2 rooi brandrissies, fyngekap
1 x 100 g-pakkie kasjoeneute
1 groot (400 g) komkommmer
12 radyse, liggies onder lopende water geskrop
sout en varsgemaalde swartpeper

Meng die olyfolie, asyn, suurlemoensap en -skil saam. Voeg die kruisement en brandrissies by en meng goed. Rooster die kasjoeneute in ’n droë, warm braaipan tot goudbruin, sowat 5 minute. Sny die komkommer in kwarte en plaas saam met die radyse in ’n slaaibak. Strooi die neute oor. Gooi die bereide slaaisous oor. Geur goed met sout en swartpeper.

WENK: Hou jy dalk nie van kruisement se mentsmaak nie? Vervang dit dan met hande vol basiliekruidblare.