Foto: Michael le Grange
Sal ons ooit die kossnobs se idee van hierdie slaai kan verander? Ek reken hulle almal eet in elk geval in die geheim saam as dit op die spyskaart pryk.
Genoeg vir 6-8
1 x 80 g-pakkie suurlemoenjellie
125 ml kookwater
1 x 230 g-houer geroomde maaskaas
150 ml goeie mayonnaise
1/3 ui, baie fyn gerasper
60 ml vars suurlemoensap
gerasperde skil van 2 suurlemoene
2 groot komkommers, grofgerasper
4 groen appels, ontklok en grofgerasper
4 takkies kruisement, fyngekap
100 g-pakkie pekanneute, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper
vars kruie
ekstra komkommer-skywe, vir garnering
Maak jellie in groot mengbak met kook- water aan. Voeg maaskaas, mayonnaise en suurlemoensap en -skil by en klits tot gladde mengsel. Voeg komkommer, appel, kruisement en neute by. Geur goed met sout en peper. Meng deur. Gooi in jellievorm van jou keuse – ek gebruik sommer ’n patroonpan (bundt-pan). Laat dit in yskas stol vir 4-6 uur of oornag. Doop vorm of pan vir paar sekondes in kookwater en keer uit op opdienbord. Garneer met vars kruie, soos vinkel, en ekstra komkommerskywe. Sit voor.