Foto: Donna Lewis
Koejawels is ’n wintervrug en word binne minute gaar. Vergeet van eenvoudige koejawels in suikerstroop. Dié een is baie vroulik!
Genoeg vir 6 persone
200 g (250 ml) witsuiker
45 ml roosstroop
500 ml water
6 koejawels, gehalveer
vanieljevla, neute en klein rosies vir voorsit
Bring die suiker, water en roosstroop tot kookpunt in ’n middelslagpot. Verlaag die hitte tot stadige prut en plaas die koejawels in die stroop. Laat 5–8 minute posjeer of tot die koejawels sag maar steeds ferm is. Sit voor in ’n klein bakkie met vanieljevla, neute en klein rosies.
WENK: Hou jy nie van roosgeur in kos nie? Hou jou oë dan by die supermark oop vir ander geurwaters, soos lemoenbloeisel. Jy kan die sous ook met vanielje- peulsaadjies geur.