Foto: Donna Lewis
Die meeste mense kry op die plek ’n angsaanval as jy hulle vra om vir jou mayonnaise te maak – ons is glad op kookskool bang gepraat oor die moets en moenies daarvan. Maar daar is hoop! Hierdie resep is so maklik, selfs jou kinders sal dit kan maak!
Genoeg vir 8-10
Mayonnaise
2 eiergele
250 ml olyfolie
45 ml korrelmosterd
sap en skil van 2 suurlemoene
2 knoffelhuisies, baie fyn gekap
sout en varsgemaalde swartpeper
Uieringe
6 uie
140 g (250 ml) koekmeel
4 eiers, liggies geklits
1 x 250 g-sak fyn klapper
sonneblomolie vir diepbraai
Plaas al die mayonnaisebestanddele in ’n groot glas- beker. Druk ’n staafmenger (stick blender) daarin tot dit op die boom van die beker rus. Skakel die menger aan en lig dit baie stadig tot bo terwyl die masjien loop. Jy sal ’n dik mayonnaise sien vorm. Proe, en pas die geur- middels aan. Hou eenkant terwyl jy die uieringe maak. Sny die uie in 1 cm dik skywe. Maak elke skyf uitme- kaar sodat jy los ringe kry. Geur die koekmeel goed met sout en peper. Doop die ringe eers daarin, dan in die geklitste eiers en laastens in die klapper. Verwarm genoeg olie vir diepbraai in ’n groot pot, gooi uieringe daarin en braai 3–5 minute of tot goud- bruin en bros (moenie te veel ringe op ’n slag berei nie). Dreineer op kombuispapier, geur met sout en peper en sit met die mayonnaise voor.
As jy aan glutenintoleransie ly of bloot verkies om gluten te vermy, kan jy die koekmeel in die resep met rysmeel vervang. Dit smaak ewe lekker – jy sal nie eers die verskil agter- kom nie.