Herman Lensing
Moenie dat rys jou Kersfeestafel in ’n vervelige affêre laat ontaard nie!
Genoeg vir 6
200 g (250 ml) SPEKKO Brown Saman-rys
2 soetrissies, in blokkies gesny
1 komkommer, in blokkies gesny
200 g kersietamaties, in kwarte verdeel
100 g soetmielies
1 rooi uit, opgekap
1 handvol spinasie (Swiss chard), opgekap
50 g songedroogte tamaties, gedreineer en opgekap
100 g gemengde olywe, opgekap
4 feta-wieletjies, verkrummel
30 g (0,25 koppies) dennepitte
3 takkies vars dille, fyngekap
3 eetlepels olyfolie
2 eetlepels appelasyn
1 eetlepel heuning
2 knoffelhuisies, gekneus
2 knippies seesout en varsgemaalde swartpeper
1 suurlemoen (net die sap)
Maak rys gaar volgens aanwysings op pakkie. Plaas die gekookte rys op ’n groot opdienbak. Voeg die soetrissies, komkommer, kersietamaties, soetmielies, uie en spinasie by. Voeg die songedroogte tamaties, gemengde olywe, feta, dennepitte en vars dille by. Rond dit af met olyfolie en appelasyn, 1 eetlepel heuning, gekneusde knoffelhuisies, seesout en swart peper en die sap van een suurlemoen. Meng goed om al die bestanddele te kombineer. Vorm ’n krans op ’n groot opdienbord. Garneer met vars groen elemente. Sit voor.