Donna Lewis
Ek het grootgeword met so ’n soet kerrie, ons het altyd gepraat van die boerekerrie. Dis kerrie soos wat jy op geen ander plek kry nie! Deur die jare het ek die resep aangepas soos my kookstyl verander en ek meer geleer het. Soms sal ek ook die kerrie in die oond rooster eerder as om dit op die stoof te stowe, maar dis jou keuse.
Genoeg vir 4-6
45 ml olyfolie
2 uie, grofgekap
2 knoffelhuisies, gekap
20 ml geroosterde masala
15 ml fyn koljander
45 ml kerriepoeier
10 ml borrie
500 g lamsmaalvleis
1 x 410 g-blik tamaties
1 x 400 ml-blik klappermelk
sout en varsgemaalde swartpeper
2 x 410 g-blik botter- bone, gedreineer
’n hand vol vars koljander, gekap
15 ml appelkooskonfyt
rys vir voorsit
Verhit die olyfolie tot warm in ’n mediumgroot kastrol. Voeg die uie en knoffel by en braai vir 3–5 minute of tot dit begin verbruin. Voeg die speserye by en braai vir nog 1 minuut.
Voeg die maalvleis by en braai vir sowat 5 minute of tot bruin. Voeg die tamaties en klappermelk by. Geur goed met sout en peper. Verlaag die hitte en laat prut stadig vir 25–30 minute of tot die kerriemengsel dik en romerig word. Voeg die bone by en laat prut vir nog 5 minute. Verwyder van die hitte en roer die gekapte koljander en appel- kooskonfyt by. Geur met sout en peper. Sit voor met gestoomde rys van jou keuse.
WENK: Dis belangrik om geblikte bone altyd onder lopende water af te spoel om van die stysel ont- slae te raak voordat jy dit by die kerrie voeg.