Kerrie-en-rys-jaffels

Foto: Michael le Grange


As jy ’n ou jaffelpan in ’n goeie toestand op ’n vlooimark sien, skaf dit aan.

Genoeg vir 6-8

45 ml olyfolie
2 uie, fyngekap
2 knoffelhuisies
500 g beesmaalvleis
10 ml fyn koljander
25 ml matige kerriepoeier
1 x 400 g-blik gekapte tamaties
250 ml Spekko India Gate Basmati Long Grain White Rice
sout en varsgemaalde swartpeper
16 snye witbrood

Verhit olie in ‘n middelslag-pot. Voeg uie en knoffel by en braai liggies vir 5 minute of tot uie begin verbruin. Voeg maalvleis en speserye by. Roerbraai vir nog sowat 5-8 minute. Voeg tamaties by. Verlaag hitte en laat stadig prut vir sowat 20-25 minute of tot sous met helfte verminder het. Voeg gaar rys by. Geur goed met sout en swartpeper. Smeer brood met botter en plaas botterkant na buite in jaffle-vorm. Skep lepels vol maalvleis bo-op en sit nog ‘n sny brood bo-op. Druk stewig toe en braai oor hoë hitte (as jy kampeer, sal dit warm kole wees, anders oor ‘n hoë hitte op die stoof) vir sowat 5 minute per kant of tot goudbruin. Sit warm voor.