Warm kekerertjie-en-chorizoslaai

Foto: Donna Lewis


Jy kan dié slaai ook as hoofgereg voorsit. Maak seker jy gebruik goeie wors met ’n lekker sterk smaak. As jy dalk sukkel om chorizo te kry, kan jy gewone varkworsies gebruik; gooi dan so ’n klein bietjie paprika vir smaak by.

Genoeg vir 6 persone

45 ml olyfolie
1 ui, fyngekap
4 knoffelhuisies, fyngekap
2 (225 g) chorizoworse, in ringe gesny
2 x 400 g-blikke kekerertjies (chickpeas), gedreineer en doppies verwyder
400 g kersietamaties, gehalveer
sap en skil van 1 suurlemoen
1 hand vol vars basiliekruid
sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit die olyfolie in ’n middelslag-braaipan tot goed warm. Voeg die ui, knoffel en wors by. Braai 5–8 minute of tot die uie goudbruin en die wors bros is. Voeg die kekerertjies en tamaties by. Braai 2 minute. Voeg die suurlemoensap en -skil by. Kap die basiliekruid grof en roer by. Geur goed met sout en peper. Sit warm voor.