Karoo-muskadel-sabayon met vrugte

Foto: Michael le Grange


Sabayon is ’n klassieke Franse skuimsous wat met eiergele en madeirawyn gemaak word. Dis eintlik maar ’n vla wat geklits word. Ek gebruik enige soetwyn, soos muskadel.

Genoeg vir 6-8 persone

200 g (250 ml) suiker
500 ml water
1 vanieljepeul, saadjies uitgekrap
800 g vrugte van jou keuse
4 eiergele
125 ml muskadel
50 g strooisuiker
100 g gevlokte amandels

Plaas suiker en water in ’n middelslag-pot en bring tot kookpunt. Voeg vanielje- saadjies by. Plaas vrugte in warm stroop. Verlaag hitte en laat stadig prut tot vrugte sag is, maar nie pap nie. Laat in stroop afkoel tot heeltemal koud. Kook water in ’n pot waarop ’n glasbak stewig kan pas, maar waarvan die bodem nie aan die water raak nie. Plaas eiergele, muskadel en strooisuiker in glasbak. Plaas bo-op pot en verlaag hitte tot net onder kookpunt. Gebruik elektriese handklitser en klits mengsel 5 minute teen hoë spoed tot lig en skuimerig. Verwyder bak van hitte en hou aan klits tot mengsel koud is. Plaas vrugte in opdienbak en skep skuimsous oor. Sprinkel amandels oor en sit voor.