Herman Lensing
Kaneel is die geur van Kersfees. Bedien hierdie nuwe kinkel op ’n goue gunsteling en geniet die beste van moderne nostalgie.
Genoeg vir 6-8
250 ml SPEKKO Jasmin-rys
1 kaneelstokkie
2 naeltjies
1 liter volroom melk
385 g-blikkie kondensmelk
385 g-blikkie ingedampte melk
5 ml sout
5 ml vanilla
250 ml Nestlé Caramel Treat
Gemaalde kaneel, vir bo-op
In ’n groot pot: kombineer die rys, kaneelstokkie, naeltjies en melk. Kook oor medium hitte tot waar dit begin kook. Verlaag die hitte na medium-laag, bedek en kook die rys tot sag, sowat 20-25 minute. Roer die kondensmelk, ingedampte melk en sout by. Kook steeds teen medium-lae hitte en roer gereeld tot waar die mengsel verdik, sowat 10 minute. Sodra die mengsel begin verdik, is dit belangrik om aan te hou roer om te verhoed dat dit aan die bodem van die pot vassit. Voeg die vanilla by wanneer die ryspoeding verdik het en meng om dit te kombineer. Verwyder van die warm plaat en laat toe om effens af te koel. Vir die individuele porsies skep jy van die Caramel Treat onder in elke glas. Bou die trifle daarna laag-vir-laag deur alternatiewelik ryspoeding en Caramel Treat by te voeg. Sluit af met ’n vrygewige laag ryspoeding. Sprinkel met gemaalde kaneel en, indien verkies, ook karamel aan die bokant van die glas.
Bedien warm, teen kamertemperatuur of verkoel.