Kapitan-hoenderkerrie

Foto: Michael le Grange


Dié ikoniese kerrie is bekend vir sy ryk, geurige smaak en sterk aroma. Jy kan die hoender met lamsblokkies vervang as jy dit verkies.

Genoeg vir 6

30 ml olyfolie
3 knoffelhuisies, gekap
1 ui, fyngekap
1 stuk duimnaelgrootte vars gemmer, gerasper
15 ml fyn koljander
1 rooi brandrissie, fyngekap
10 ml fyn komyn
5 ml neutmuskaat
5 ml borrie
2 kardemompeule, oopgebreek
400 g ontbeende hoenderdye
1 x 400 g-blik klapperroom
1 kaneelstokkie
2 steranyspeule
1 x 400 g-blik botterbone, gedreineer
1 hand vol koljander, fyngekap
sout en vars gemaalde swartpeper
500 ml gaar SPEKKO SAMAN WHITE RICE

Verhit die olyfolie in ’n middelslagpot tot goed warm. Voeg die knoffel, ui en al die speserye by. Roerbraai 5-6 minute of tot die ui begin verbruin. As dit lyk of die speserye wil begin aanbrand, gooi so bietjie water by. Voeg die hoenderdye by en braai nog 2 minute. Voeg die res van die bestanddele behalwe die laaste drie by. Verlaag die hitte en laat vinnig prut tot die hoender gaar is en ’n dik, romerige sous vorm, sowat 15-20 minute. Verwyder van die hitte en voeg die botterbone by. Roer gekapte koljander by. Geur goed met sout en peper. Sit voor met sambals en Spekko rys.