Resep: Tuisgebakte hondekoekies

Foto: Michael le Grange


Bederf jou beste vriend met Herman Lensing se maklike resep, uit 100 Beste Koekies, vir tuisgebakte hondekoekies.

Genoeg vir 40-50 koekies

180 ml pampoenpuree (kook die pampoen in water, sonder enige sout of suiker)
60 ml onversoete grond- boontjiebotter (geen suiker of versoeters – lees die etiket)
2 eiers
420 g (750 ml) volkoring-meel, plus ekstra vir uitrol
100 g fyn biltong (koop biltong wat minder sout bevat by jou veearts of dierewinkel)

Voer 2-3 bakplate met bak- papier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Verhit die oond tot 180°C. Meng al die bestanddele saam tot ‘n sagte koekiedeeg vorm – voeg ekstra meel by as dit te klam is. Bestrooi werkvlak met ekstra meel en rol die deeg tot so 5 mm dik uit. Gebruik koekiedrukkers om vorms van jou keuse uit die deeg te druk. Plaas koekies op bakplate en bak 20-25 minute of tot goudbruin. Laat afkoel en roep vir Wagter!

Uit: 100 Beste Koekies deur Herman Lensing