Hoenderpastei oor die kole

Foto: Michael le Grange


Daar is niks nuut aan die "braai-pie" nie, maar hy bly lekker!

Genoeg vir 4-6

45 ml olyfolie
30 ml botter
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
5 ml heel komyn
200 g bruinsampioene, gesny
1 gaar heel hoender, van die bene af gevlok
350 ml room
sout en varsgemaalde swartpeper
hout of kole vir braai
2 x 400 g-rolle blaardeeg

Verhit olyfolie en botter in ’n middelslagpot. Voeg ui, knoffel, komyn en sampioene by. Braai sowat 3-5 minute. Voeg hoender by en braai 5 minute. Voeg room by en verlaag hitte. Laat stadig prut vir 5-8 minute of tot mengsel met die helfte verminder het – dit moet dik en romerig lyk. Geur goed met sout en peper. Laat afkoel. Kry intussen jou kole matig warm – jy wil die pastei stadig braai. Plaas 1 rol blaardeeg op ’n werk- opperviak bo-op ’n stuk bakpapier wat so groot soos jou toeklaprooster gesny is. Skep vleismengsel op deeg en versprei eweredig; los ’n rand van sowat 2 cm rondom oop. Rol tweede rol blaardeeg bo-oor. Druk die 2 velle reg rondom die kante met ’n vurk aan mekaar vas. Plaas pastei in ’n toeklaprooster deur die papier waarop die pastei lê oor te trek tot op die rooster. Maak rooster met papier en al toe en draai dit om; maak dit weer oop en haal papier uit.

Dié resep kom uit my Braai en Rugby-kookboektydskrif. Bestel dit hier.