Sosaties met hoenderdye en tamatie

Foto: Donna Lewis


Sosaties met hoenderdye en tamatie

Hoenderdye is een van my mees geliefkoosde hoender- snitte omdat dit so murgsag en geurig is. Dit word gou gaar en mens kan van bredies tot braaivleis daarvan maak. Hierdie sosaties kan jy oor die kole of in ’n warm pan gaarmaak.

Genoeg vir 6

240 g songedroogde tamaties in olie
24 ontbeende hoenderdye
6 houtkebabstokkies
60 ml olyfolie
1 takkie roosmaryn, fyngekap
20 ml gedroogde brandrissies
20 ml gerookte paprika
sap en skil van 2 suurlemoene
sout en varsgemaalde swartpeper
200 g groen aspersies, vir 2 minute in kookwater gedompel

Verhit die oond tot 200 °C. Dreineer die tamaties en behou die olie. Sny die tamaties in 24 stukke. Ryg 4 ho- enderdye en 4 tamatiestukke afwisselend op elke kebab- stokkie. Meng die olie van die tamaties met die olyfolie, roosmaryn, rissies, paprika en suurlemoensap en -skil. Pak die sosaties in ’n oondroosterbak en gooi die marinade daaroor. Geur baie goed met sout en peper. Plaas in die oond en bak 25–30 minute of tot goudbruin en gaar. Verwarm ’n braaipan oor matige hitte. Gooi ’n bietjie van die pansous daarin. Voeg die aspersies by en roer- braai 3 minute. Geur met sout en peper. Skep die aspersies op ’n opdienbord en pak die sosaties daarop. Sit voor.