Foto: Michael le Grange
'n Warm bord trooskos as die weer koud is!
Genoeg vir 4
1 hoender
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
45 ml matige kerriepoeier
500 ml rou SPEKKO INDIA GATE BASMATI RICE
1 blik gekapte tamaties
10 ml borrie
2 wortels, geskil en fyn gerasper
10 ml droë brandrissievlokkies
2 takkies kerrieblare
750 ml aftreksel
olyfolie
sout en vars gemaalde swartpeper
Verhit oond tot 180 C. Gebruik kombuisskêr en knip die rugbeen van die hoender los. Draai hoender om en vou dye en boude uit onder hoender. Gebruik jou palm en druk hoender plat. Plaas in oondroosterpan. Gooi ruim met olyfolie en geur met sout en peper. Gooi 250 ml water in pan. Rooster vir 25-30 minute of tot hoender goud bruin en gaar is.
Terwyl hoender rooster maak dahl: Verhit ’n skeut olyfolie ’n middelslagpot. Voeg by uie, knoffel en kerriepoeier. Roerbraai vir 2-3 minute. Gooi rys, tamatie, wortel, brandrissie en kerrieblare by. Voeg aftreksel by en meng deur. Verlaag hitte en laat kook vir 15-20 minute of tot romerige dahl vorm. Proe en pas geurmiddels aan. Skep in opdienbak en plaas hoender bo-op. Sit voor.