Hoender en rys

Foto: Michael le Grange


Hierdie hoender-gereg met rys verg nie veel moeite nie en is boonop vullend.

Genoeg vir 4-6

1 heel hoender
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
3 cm vars gemmer, fyngerasper
500 ml room
1 hand vol vars kruisement, grofgekap
250 ml Spekko Royal Umbrella Jasmine Long Grain White Rice
varsgemaalde swartpeper
400 g-sak bevrore ertjies

Verhit oond tot 180 °C. Gebruik ’n kombuisskêr en knip rugbeen van hoender los. Draai hoender om en vou boudjies en dytjies uit onder hoender. Druk dan met jou handpalms die hoender se bors plat. Plaas uie, knoffel, gemmer, room en kruisement in ’n voedselverwerker. Verwerk by hoë spoed tot gladde mengsel. Gooi rys in oondroosterbak en plaas hoender bo op rys met velkant na bo. Gooi roomsous oor. Geur hoender goed met sout en peper. Maak bak toe met aluminiumfoelie en rooster in warm oond vir 30 minute. Voeg ertjies by. Rooster oop in warm oond vir 10 minute of tot goudbruin. Sit warm voor.