Hoender-en-rys-sop

Foto: Michael le Grange


As jy so bietjie olik voel sal 'n bak hoendersop jou sommer dadelik help.

genoeg vir 6-8

1 heel hoender
45 ml olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper
l ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
2 groot wortels, in ringe gesny
1 selderystingel, in skyfies gesny
3 preie, in ringe gesny
400 g-blik gekapte tamaties
1,5 liter hoenderaftreksel
250 ml Spekko Saman Brown Long Grain Rice
2 lourierblare
3 vars takkies tiemie

Verhit oond tot 180 °C. Plaas hoender in oondbraaibak en gooi 30 ml van die olyfolie oor. Geur met sout en peper. Maak bak toe met tinfoelie en oondbraai 1/2 uur. Wanneer jy die tinfoelie afhaal, sal jy sien die hoender het sy eie lekker sous gemaak. Moet dit nie weggooi nie. Verhit die oorblywende 15 ml olyfolie in ‘n groot pot en braai ui, knoffel, wortels, seldery en preie tot sag en deurskynend. Voeg tamaties, aftreksel, rys, lourierblare en tiemie by en geur met sout en peper. Plaas heel hoender en al die sous in kastrol met groente. Maak toe met deksel en bring tot kookpunt. Verlaag dan die temperatuur en laat prut 30 minute. Haal hoender uit en verwyder bene en vel. Breek hoender in groot stukke en voeg terug by sop. SIt warm voor met brood en botter van jou keuse.