Hoender en rys gestowe met gochujang

Foto: Michael le Grange


Genoeg vir 4

1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
60 ml gochujang pasta
240 g-sakkie songedroogde tamaties in olie
250 ml room
60 ml gochujang pasta
hand vol vars pietersielie
1 groot hoender
250 ml bruinrys
sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Plaas uie, knoffel, gochujang, tamaties met olie, room en pietersielie in voedselverwerker en pols by hoë spoed tot gladde puree. Voeg 250 ml water by en meng deur. Gebruik ’n kombuisskêr en knip rugbeen van hoender los. Draai hoender om en druk plat met jou handpalms. Gooi rys in oondroosterbak en plaashoender bo-op rys met velkant na bo. Giet puree oor hoender en geur goed met sout en peper. Maak toe met foelie en rooster 30-35 minute of tot hoender sag en gaar is. Maak bak oop en rooster nog 5 minute tot hoender bruin is. Sit voor.