Heelgebakte pampoen met rys

Herman Lensing


Hierdie bykos sal jou gaste beïndruk!

Genoeg vir 6-8

1 groot oranje pampoen
500 ml SPEKKO White Saman-rys
1,5 liter hoenderaftreksel
30 ml botter
100 g-pakkie droë appelkose, fyngekap
100 g-pakkie pekanneute, fyngekap
100 g-pakkie bosbessies
sout en varsgemaalde swartpeper
tinfoelie vir toedraai

Sny bokant van pampoen af en hol pampoen uit sodat dit ’n volume van sowat 2 liter kan vat. Meng die res van die bestanddele en geur mengsel goed met sout en peper. Giet in uitgeholde pampoen en plaas “deksel” van pampoen bo-op. Verhit oond tot 180 ˚C. Plaas pampoen op bakplaat en bak vir 2 ure, Maak oop om te kyk of rys gaar is en roer effens. Indien rys nog nie gaar is nie, maak weer toe en bak verder. Sit gaar pampoen heel op ’n opdienbord.