Foto: Donna Lewis
Daar is deesdae ’n wye reeks biere beskikbaar wat handgemaak is. Proe, en kry een waarvan jy hou. Sommige biere is soeter as ander. Ek verkies ’n donker bier met ’n soet smaak, soos stout, vir dié resep.
Genoeg vir 6 persone
200 g grondboontjiebotter
1 liter donkersjokoladeroomys
6 x 340 ml-bottels donker bier van jou keuse, soos stout of iets soeters, verkil
Gebruik die agterkant van ’n eetlepel en smeer ’n blerts grondboontjiebotter in elke glas. Skep roomysballe in elke glas. Gooi bier oor en sit dadelik voor.
WENK: Hou jy nie van bier nie, geen probleem nie. Jy kan die floats op die ou manier met Coke maak. Selfs kersie-Coke sal lekker wees.