Gremolata-steurgarnale op witboonpuree

Foto: Donna Lewis


Gremolata is ’n Italiaanse geurmengsel wat gemaak word van pietersielie, knoffel en suurlemoenskil. Tradisioneel word dit saam met osso bucco bedien om deur die ryk smaak van die kalfskenkels te sny. Dis baie geurig en gaan ook uitstekend saam met seekos.

Genoeg vir 6 persone

40 g (45 ml) botter
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 rooi brandrissie, fyngekap
2 x 400 g-blikke witbone, gedreineer
500 ml melk
sout en varsgemaalde swartpeper

Steurgarnale
4 knoffelhuisies, fyngekap
1 hand vol pietersielie, fyngekap
sap en skil van 2 suurlemoene
24 steurgarnale, skoongemaak en doppe verwyder
sout en varsgemaalde swartpeper
45 m olyfolie

Verhit die botter in ’n groot pot tot 3 goed warm. Voeg die ui, knoffel en brandrissie by. Roerbraai 2–3 minute of tot dit begin verbruin. Voeg die bone by en braai nog 5 minute. Gooi die melk by en kook tot dit met die helfte verminder het. Geur goed met sout en peper. Puree tot ’n gladde mengsel met ’n stokmenger (stick blender).

Maak die garnale só: Meng die knoffel, pietersielie en suurlemoensap en -skil. Sprinkel dit oor die garnale. Geur goed met sout en peper. Verhit die olyfolie in ’n middelslag-braaipan tot goed warm. Braai die garnale sowat 3–5 minute of tot goudbruin en gaar. Skep die puree in ’n groot opdienbak en pak die garnale bo-op. Sit voor.

WENK: Jy kan enige witboontjie vir die puree gebruik. Ek hou van die Italiaanse cannellini-boontjie. Dis belangrik om geblikte bone onder koue lopende water af te spoel om ontslae te raak van die styselagtige vloeistof wat in die blik is.