Herman Lensing
Hierdie resep is beslis vanjaar op my tafel. Soos die lam gaar word, absorbeer die koring die sap van die vleis en dit word ’n romerige risotto-agtige gereg.
250 ml SPEKKO White Saman-rys
1 lamsboud met skenkel aan
30 ml fyn koljander
sout en varsgemaalde swartpeper
60 ml rooiwynasyn
2 liter beesaftreksel
GROENSOUS
2 anjovisfilette
1 x 30 g-bakkie Italiaanse pietersielie
blare van 4 roosmaryntakkies
45 ml sjerrie-asyn
80 ml olyfolie
sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene
Verhit oond tot 180 ˚C. Plaas rys in groot oondroosterpan. Plaas lamsboud bo-op rys. Gebruik ’n skerp mes om 5 diep snye in die vleis te maak, soos in video. Sprinkel koljander, sout en swartpeper oor vleis. Sprinkel asyn oor. Gooi aftreksel in die pan en maak pan dig toe met tinfoelie. Rooster 2 ure, of tot lam goudbruin en gaar is – kyk elke nou en dan of die pan nog vloeistof kort en gooi ’n bietjie kookwater by indien nodig. Groensous Terwyl lam rooster, maak groensous só: Plaas al die bestanddele vir die sous in voedselverwerker en verpulp tot glad. Geur met sout en peper. Haal pan uit oond en plaas lamsboud op ’n bord. Roer rys deur en skep op opdienbord. Plaas lam bo-op en skep groensous oor. Sit voor.