Foto: Donna Lewis
ie idee om pere te piekel kom van my kosmentor Donna Hay af – sy is ’n Australiese koskrywer wat piekelpere graag as bykos saam met vark voorsit. Die pere is ook baie lekker saam met sterk kaas of in dun skyfies gesny op hamburgers of toebroodjies.
Genoeg vir 14
2 x 330 ml-bottels appelwyn (cider)
1 125 ml appelasyn
4 takkies tiemie
4 lourierblare
210 g (250 ml) strooi suiker
2 brandrissies, opgesny
30 ml vinkelsaad
250 ml water
9 pere
beleë cheddarkaas vir voorsit
Plaas die sider, asyn, tiemie, lourier, suiker, brandrissie, vinkel en water in ’n middelslagpot. Roerkook die mengsel oor lae hitte tot die suiker opgelos is. Verhoog die hitte en laat 10 minute kook. Skil die pere, maar moenie die stingels verwyder nie want dit lyk baie mooi. Pak die vrugte in ’n groot glas- fles met ’n herverseëlbare deksel, gooi die warm pieke- lasyn daaroor en maak die fles dadelik toe. Draai dit dan onderstebo en laat oornag staan tot afgekoel. Hou dit so in jou yskas vir tot 2 maande. Sit voor saam met sterk cheddar, of gebruik soos verkies.
WENK: Jy kan die piekelasyn ook gebruik vir die piekel van komkommers of ander groente. Voeg fyngekapte vars dille vir ekstra smaak by.