Gemarineerde olywe met feta

Foto: Michael le Grange


Die eenvoud van hierdie olywe sal jou ver bring. Laat die olywe liefs oornag marineer vir meer geur en smaak.

Genoeg vir 6-8 persone

350 ml olyfolie van goeie gehalte
’n hand vol vars tiemie
4 knoffelhuisies, grofgekap
15 ml komyn
30 ml gerookte paprika
sap en skil van 2 suurlemoene
500 g swart en groen olywe, ontpit
6 wiele feta, in blokkies gesny
sout en varsgemaalde swartpeper

Meng olyfolie, tiemie, knoffel, komyn, paprika en suurlemoensap en -skil saam. Voeg olywe en feta by. Geur goed met sout en peper. Plaas in lugdigte houer en laat 4–6 uur of oornag in die yskas marineer voor jy dit voorsit.