Gemarineerde calamari, mossels en garnale

Foto: Donna Lewis


Gerookte paprika is rooi Spaanse soetrissies wat gerook, gedroog en tot ’n spesery verwerk is. As jy sukkel om dié kosjuweel in die hande te kry, kan jy dit vervang met iets soos gerookte masala.

Genoeg vir 6

100 ml olyfolie
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 brandrissie, fyngekap
500 g bevrore of vars baba-calamari- tentakels en -buise, skoongemaak
500 g g bevrore of vars mossels, ontskulp
24 steurgarnale, afge- dop en skoongemaak
35 ml gerookte paprika
sap en skil van 3 suur- lemoene
sout en varsgemaalde swartpeper
1 hand vol Italiaanse pietersielie, fyngekap

Verhit 45 ml van die olyfolie in ’n pan. Voeg die knoffel, brandrissie en calamari by en braai 5–8 minute of tot goudbruin. Voeg die mossels en garnale by en braai nog 8 minute. Voeg die paprika by en braai ’n verder minuut. Gooi die suurlemoensap oor, verwyder van die hitte en geur goed met sout en peper. Meng die pieter- sielie met die suurlemoenskil en die res van die olyfolie, gooi oor die gereg en meng goed. Laat 3–4 uur of oor- nag in die yskas marineer. Sit voor.

Die gereg sal veral lekker smaak saam met bros platbrode wat jy só maak: Verhit die oond tot 220 °C. Plaas 125 ml water, 45 ml oly- folie en 5 ml sout in ’n middelslag-mengbak. Voeg 280 g (500 ml) koekmeel geleidelik by en meng dit met ’n houtlepel tot ’n stywe, kniebare deeg. Knie die deeg dan 5–8 minute op ’n meelbestrooide oppervlak tot dit glad en elasties is. Plaas in ’n skoon bak wat met olie gesmeer is en laat 30 minute op ’n warm plek rus. Verdeel die deeg in 8 ewe groot porsies en rol dit papierdun op ’n meelbes- trooide oppervlak uit. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en spuit dit goed met kleefwer- ende kossproei. Plaas die deegstukke daarop en bak dit 8–10 minute of tot goudbruin en bros. Haal uit die oond en laat afkoel.