Foto: Michael le Grange
Die heerlike rysgereg is Spaans-geïnspireerd. Jy kan die seekos ook moet hoender vervang.
Genoeg vir 6-8
400 g (500 ml) Spekko India Gate Basmati Long Grain White Rice
15 ml borrie
1000 ml hoenderaftreksel
sout en varsgemaalde swartpeper
45 ml olyfolie
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 rooi brandrissie, fyngekap
36 steurgarnale, skoongemaak en doppe verwyder
1 hand vol pietersielie, fyngekap
sap en skil van 2 suurlemoene
sout en varsgemaalde swartpeper
ongegeurde jogurt vir voorsit
4 sprietuie, gekap
Plaas rys, borrie en aftreksel in middelslagpot. Geur met sout en bring tot kookpunt. Laat kook tot rys gaar is en al die aftreksel geabsorbeer is. Hou eenkant. Verhit olyfolie tot warm in groot braaipan. Voeg knoffel en rissie by. Roerbraai 1 minuut. Voeg garnale en chorizzo by en braai tot goudbruin en byna gaar, sowat 8 – 10 minute. Voeg pietersielie, sap en skil van suurlemoen by. Geur goed met sout en peper. Skep rys in opdienbord en skep garnale, wors en pansous oor. Sit warm voor met jogurgt en gekapte sprietuie.