Foto: Michael le Grange
Jy kan hierdie vegetariese gereg as 'n maaltyd op sy eie voorsit.
Genoeg vir 4
12 groot bruin sampioene
2 knoffelhuisies, fyngekap
6 salieblare, fyngekap
250 g-pak spekblokkies
250 ml gaar SPEKKO ROYAL UMBRELLA JASMINE RICE
300 g mozzarellakaas, gerasper
400 g-bak kersietamaties, gehalveer
250 ml room
olyfolie, sout en vars gemaalde swartpeper
Verhit oond tot 180 °C. Breek stingels van sampioene af en kap fyn. Pak sampioene met holtes na bo in oondroosterbak. Meng fyn sampioenstingels, knoffel, salie, spek, rys en mozzarella saam, en geur goed met sout en peper. Skep mengsel in holtes van sampioene. Plaas tamaties saam met sampioene in oondroosterbak en gooi room by. Plaas in warm oond en bak 20-25 minute of tot sampioene sag en gaar is en kaas goudbruin verkleur. Sit warm voor saam met ’n stysel van jou keuse of ’n groenslaai.