Foto: Donna Lewis
Dié een, wat nie eintlik ’n metode nodig het nie, is vir die kinders. Maak dit grootmens met so ’n skeutjie of twee amandellikeur.
Genoeg vir 6 persone
1 liter vanieljeroomys
120 g meringues (my ma praat nog steeds van skuimpies!)
100 g witsjokoladesplinters
175 g frambose (raspberries)
1 x 250 ml-houer room, styfgeklop
100 g nougat, in stukke gesny
30 g (60 ml) versiersuiker
Skep balle roomys in opdienbakkies. Krummel die meringues oor. Gooi sjokoladesplinters en bessies oor. Skep lepels vol room by. Rond af met nougatstukkies en versiersuiker. Sit voor.
WENK: Plaas elke bestanddeel in mooi bakkies en sit dit in die middel van jou tafel. Elke gas kan so kuier-kuier sy eie nagereg bymekaarsit. Gee jou verbeelding vrye teuels en sit allerhande interessante lekkerhede op die tafel.