Ertjie-en-hamrisotto in jou mikrogolf

Foto: Michael le Grange


'n Gereg vir wanneer jy wil onthaal.

Genoeg vir 6

30 ml olyfolie
1 klein ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, gekap
250 g spek-blokkies
250 ml Spekko Saman Brown Long Grain Rice
160 ml witwyn
700 ml groente- of hoenderaftreksel
125 ml room
280 g bevrore ertjies
120 g parmesaankaas, gerasper
parmesaanskaafsels
sout en varsgemaalde swartpeper

Plaas olie, uie, knoffel en spek in ’n mikrogolf tot sag en deurskynend. Voeg rys by en mikrogolf nog 2-5 minute. Gooi wyn oor en laat stadig kook, vir 2-3 minute, tot alles deur die rys geabsorbeer is. Gooi aftreksel by en mikrogolf op hoog vir 10 minute of tot die rys sag en romerig is. Voeg die room en ertjies by en mikrogolf nog 5 minute. Verwyder uit mikrogolf en vou parmesaankaas by. Geur goed met sout en swartpeper. Sit dadelik voor met parmesaanskaafsels.