Foto: Donna Lewis
Bokskoek is iets wat ek al jare lank gebruik om kortpad te vat in die kombuis. Die geheim is om dit só te maak dat jou gaste dit nie agterkom nie! Kry by bakwinkels of supermarkte pannetjies met fênsie fatsoene om klein koekies in te bak.
Genoeg vir 6 persone
Verhit die oond tot 180 °C. Plaas die koekmengsel, eiers, koffie en olie in ’n groot mengbak. Roer dit met ’n draadklitser tot ’n gladde beslag. Gebruik ’n kolwyntjiepan met 24 happiegrootte holtes en spuit dit goed met kleefwerende kossproei. Verdeel die beslag tussen die holtes en bak dit 8–10 minute of tot gaar. Terwyl die koekies bak, bring die room tot kookpunt en gooi dit oor die sjokolade. Roer tot ’n gladde mengsel. Plaas die koekies in groot eetlepels en skep die sjokoladesous daaroor. Sit binne-in die lepels voor.
WENK: Jy kan die beslag ook direk in die lepels bak. Maak só: Pak 24 groot eetlepels op ’n bakplaat wat met ’n afdroogdoek uitgevoer is. Laat rus die stele op die rand van die bakplaat sodat die lepelholtes gelyk lê. Spuit die holtes goed met kleefwerende kossproei en verdeel die beslag daartussen. Bak soos gewoonlik.