Lemoen-en-komkommer-pimm’s

Foto: Donna Lewis


Die lekkerste manier om jou dors te les! Maak seker jy sit lekker baie ys en komkommer in. Dis amper soos ’n vrugteslaai wat sy lyf drankie hou.

Genoeg vir 6 persone

1 komkommer, in skywe gesny
2 liter lemoensap
6 lemoene, in skywe gesny
250 ml Pimm’s
1 kg gebreekte ys
750 ml gemmerlim (ginger ale)

Plaas die komkommer en lemoene in ’n groot ponsbak. (Ek het by ’n winskoop-dekorwinkel ’n reuseblompot gekoop – dit lyk baie mooi en is prakties.) Gooi die gebreekte ys oor. Gooi die lemoensap en Pimm’s by. Gooi laastens die gemmerlim by en meng deur. Sit voor.

WENK: Pimm’s is ’n Britse alkoholiese drankie wat van jenewer gemaak word. Dit het ’n donker oranjerooi kleur met ’n soeterige vrugtesmaak. Tradisioneel word dit gedrink soos in die resep, maar jy kan dit ook saam met limonade of selfs vonkelwyn drink. Dis ’n lekker soet drankie.