Foto: Donna Lewis
Daar is nie ’n lekkerder woord as crispy om in Engels te sê nie. As mens iets wil beskryf wat jy kan proe as jy bloot die woord gebruik, dan is dit crispy. Hierdie aartappels is een van daardie waarvan jy nie genoeg kan eet nie. Goudbruin en crispy! Ek maak dit soms sommer as ’n happie wanneer vriende oorkom.
Genoeg vir 2 persone
500 g baba-aartappels
300 ml kanola-olie
4 heel knoffelhuisies
1 hand vol salie
sout en varsgemaalde swartpeper
1 x 250 ml-houer crème fraîche
Verhit die oond tot 220 °C. Plaas die aartappels met skil aan in ’n pot en bring tot kookpunt. Kook 10–12 minute of tot net sag en gaar. Dreineer. Gebruik ’n vurk en druk die aartappels plat tot dit oopbars. Terwyl die aartappels kook, gooi genoeg kanola-olie in ’n oondroosterpan sodat die olie sowat 1 cm hoog is. Gooi die knoffel en salie in die olie en plaas die pan in die oond. Sodra die aartappels gaar is, verwyder die pan uit die oond en sit die platgedrukte aartappels in die warm olie. Bak dit 10–15 minute of tot goudbruin en bros. Dreineer op handdoekpapier en geur goed met sout en peper. Sit voor met crème fraîche.
WENK: Dié resep werk ook perfek as jy die beste Sondagaart- appels nóg wil maak: Kook 8 aartappels tot halfgaar. Rooster dit dan soos die baba- aartappels hieronder.