Carbonara rys

Foto: Michael le Grange


'n Anderste carbonara waar jy die pasta met rys vervang.

Genoeg vir 6-8

250 ml Spekko Royal Umbrella Jasmine Long Grain White Rice
30 ml olyfolie
l ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, gekap
250 g spek, grofgekap
30 ml pietersielie, gekap
2 eiergele
125 ml vars room
50 ml parmesaan-kaas, gerasper
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Kook rys volgens aanwysing op die pak. Verhit intussen olyfolie in ‘n pan en braai ui, knoffel en spek tot goudbruin. Voeg epietersielie by. Braai vir 2 minute. Meng eiergele met room. Voeg eiermengsel by warm gaar rys – die rys moet nog stoom. Meng goed. Voeg spekmengsel en parmesaan by en meng deur. Geur goed met sout en swartpeper. Sit dadelik voor. Die hitte van die rys maak die eiergele gaar en sorg vir ‘n lekker romerige tekstuur. Jy kan ook ‘n gebakte eier saam met die rys voorsit vir meer lyf.