Foto: Donna Lewis
Die lekker van calamari is dat jy soveel smaak vasvang met dit waarin jy dit krummel en braai. Dis boonop baie goedkoop. Gebruik jou verbeelding en eksperimenteer met vars kruie, sitrusskil en speserye waarvan jy hou.
Genoeg vir 6 persone
1 x 150 g-houer broodkrummels
4 takkies tiemie, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper
500 g baba-calamari (buise en tentakels), skoongemaak
140 g (250 ml) koekmeel
2 eiers, liggies geklits sonneblomolie vir diepbraai
250 ml goeiegehalte-mayonnaise
2 knoffelhuisies, fyngekap
sap en skil van 1 suurlemoen
Meng die broodkrummels en tiemie saam. Geur goed met sout en peper. Droog die calamari goed af met handdoekpapier. Rol die calamari in koekmeel tot dit heeltemal bedek is. Doop dit dan in geklitste eier en laastens in die gegeurde broodkrummels. Doen dit met al die stukkies voor jy die olie verhit tot goed warm. Terwyl die olie verhit, meng die res van die bestanddele saam vir ’n doopsous. Die olie is warm genoeg as jy ’n stukkie brood daarin plaas en dit begin borrel. Braai die calamari in die olie tot goudbruin en bros. Dreineer op handdoekpapier. Sit voor met die mayonnaise-doopsous.
WENK: As jy sukkel om calamari te kry, kan jy dit vervang met stukkies witvis wat in blokkies gesny is