Brie gebak in filo

Foto: Donna Lewis


Dis amper soos ’n kortpad-kaasfondue. As jy eers daai bros korsie van die fillo oopbreek en die kaas loop uit, smelt jou hart daarmee saam!

Genoeg vir 6 persone

8 velle fillodeeg
55 g (60 ml) botter, gesmelt
1 x 500 g-cambrini
4 knoffelhuisies, gehalveer
3 takkies tiemie
175 g vars frambose (raspberries)
100 ml vino cotto-stroop

Verhit die oond tot 220 °C. Spuit ’n bakplaat goed met kleefwerende kossproei. Plaas een vel fillo op jou werkoppervlak en verf dit met botter.

Plaas ’n tweede vel bo-op en herhaal tot al die velle opgebruik is. Plaas die cambrini-kaas in die middel van die velle. Gebruik ’n skerp mes en druk 8 klein gaatjies in die bokant van die kaas. Druk die knoffelhelftes daarin en pak die tiemietakkies bo-op. Vou die kaas soos ’n bondel wasgoed met die fillo toe. Plaas op die bakplaat en bak 15–20 minute of tot goudbruin en bros. Plaas op ’n opdienbord en sit voor met frambose en vino cotto-stroop.

WENK: Cambrini is ’n groot witrandkaas soos brie of camembert. As jy sukkel om dit te kry, kan jy brie of camembert in die fillo toedraai en op dieselfde manier bak.