Foto: Michael le Grange
'n Heerlike vegetariese gereg propvol geure vir die winter!
Genoeg vir 4
500 g botterskorsie, blokkie gesny
1 ui, fyngekap
60 ml medium kerriepoeier
400 g-blik gekapte tamaties
400 g-blik klappermelk
400 g-blik bruin lensies, gedreineer
8 poppadums vir voorsit
500 ml gaar SPEKKO SAMAN BROWN RICE
olyfolie vir braai
sout en vars gemaalde swartpeper
Verhit oond tot 180 C. Plaas botterskorsie en uie op bakplaat. Sprinkel ruim met olyfolie. Geur goed met sout en peper. Rooster vir 20-25 minute of tot botterskorsie sag en gaar is. Verhit medium groot pot oor hoë hitte tot warm en gooi olie wat in pan gevorm het soos botterskorsie gerooster het in warm pot – hou botterskorsie terug. Voeg kerriepoeier by warm olie en braai vir 1 minuut. Gooi tamatie, klappermelk en lensies by en meng deur. Geur goed met sout en peper. Laat prut vir 5-8 minute. Verwyder van hitte en voeg gaar botterskorsie by. Meng deur. Maak poppadums gaar volgens aanwysings op pakkie. Skep kerrie in opdienbak en sit voor met poppadums en gaar SPEKKO bruin rys.