Herman Lensing
Wie kan nee sê vir die klassieke gereg vas gevang in deeg. Hemel met elke hap!
genoeg vir 12
Maalvleisvulsel
40 ml botter
1 groot ui, gekap
2–3 knoffelhuisies, fyngedruk
30 ml matige kerriepoeier
10 ml fyn borrie
60 ml suurlemoensap
1 kg beesmaalvleis
2 snye witbrood, in ’n bietjie melk geweek
1 Granny Smith-appel, geskil en gerasper
1 ryp piesang, fyngedruk
100 ml witwyn
85 g (140 ml) pitlose rosyne
45 ml appelkooskonfyt
sout en varsgemaalde peper
Kors
2 x 400 g rolle blaardeeg, ontdooi
1 eier, geklits
Maalvleisvulsel Verhit die oond tot 180 °C. Verhit die botter in ’n groot oondvaste pan op die stoof tot warm. Braai die uie en knoffel daarin tot die uie deurskynend is. Voeg die kerriepoeier, borrie en suurlemoensap by en meng deur. Braai tot geurig. Voeg die maalvleis by, meng goed en verbruin. Giet die melk van die brood af (hou die ekstra melk vir die vla), druk fyn en meng deur die maalvleismengsel. Voeg die appel, piesang, wyn, rosyne en appelkooskonfyt by en meng. Laat afkoel tot koud. Sit aan mekaar
Spuit 12 panne van jou keuse met volume van 250 ml elk en sowat 2 cm hoog. Sny 12 sirkels van 12 cm in deursnee uit die blaardeeg met koekie drukker. Sny nog 12 sirkels uit van 8 cm in deursnee. Voer holtes van panne uit met 12 cm groot sirkels, laat die deeg sowat 1 cm oor die rant van die panne hang. Skep vulsel in panne, sorg dat dit lekker vol is en amper ‘n “maag” vorm bo die pan. Verf die deeg wat oorhang met eier en plaas tweede sirkel bo-op. Druk twee deeg lae vas aan mekaar met vngeropunte. Verf die bo-kant van die oastei ook met eier. Vou nou die deegrand wat oorhang na binne en knyp in patroon met vingerpunte soos op ons foto. Bak vir 20-25 minute of tot gaar. Laat afkoel en haal uit panne.