Foto: Michael le Grange
Sit dié broodjies voor met goeie vonkelwyn om die Kersfees mee af te skop.
Genoeg vir 6-8
230 g (250 ml) sagte botter
65 g Marmite of Bovril
24 snye sagte winkelbrood, wit of bruin
24 ronde soutkoekies, soos Salticrax
300 g fyn poeierbiltong
Meng botter en Marmite of Bovril tot glad; smeer dan van bottermengsel op brood en maak 12 toebroodjies. Gebruik ’n ronde koekiedrukker (so groot soos die soutkoekies) om sowat 24 sirkels uit toebroodjies te sny. Smeer van die bottermengsel op elke koekie en plak ’n broodsirkel daarop vas. Smeer dan die hele storie met die bottermengsel toe en rol dit in die fyn biltong. Herhaal met al die brood, koekies en smeer. Pak in en geniet!