Beet-en-botterskorsieslaai

Foto: Michael le Grange


Die kombinasie van beet en botterskorsies sal nooit oud raak nie.

Genoeg vir 6 persone

10 bete, gehalveer met skil aan
1 botterskorsie, in 1 cm-skywe gesny met skil aan
60 ml olyfolie
15 ml heel komyn
2 knoffelhuisies, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper

SOUS
30 ml korrelmosterd
45 ml heuning
sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene
80 ml olyfolie
80 g babaslaaiblare
4 wiele feta

Verhit oond tot 180 ̊C. Plaas beet en botterskorsie in oondroosterbak. Sprinkel olyfolie, komyn en knoffel oor. Geur goed met sout en peper. Plaas in warm oond en bak 20–25 minute tot sag en gaar. SOUS Terwyl groente rooster, meng al die sousbestanddele saam en hou eenkant. Laat beet en botterskorsie afkoel. Pak in slaaibord saam met slaaiblare. Krummel feta oor. Skep slaaisous oor en sit voor.