Foto: Michael le Grange
Moenie dat dié groot woord jou bang maak nie. Die sous en tegniek is Japannees. Die dis is geurig en sal die somerkuier op ’n hoë noot afskop.
Genoeg vir 6 persone
4 knoffelhuisies, in skyfies gesny
8 cm-stuk vars gemmer, geskil en in dun skywe gesny
4 wortels, geskil en in skywe gesny skil van 4 suurlemoene en sap van
1 suurlemoen
4 sirloin-steaks sowat 1.5 cm dik
2 ryp tamaties
150 ml olyfolie
50 ml sojasous
30 ml sake
30 ml mirin
30 ml sesam-olie
60 ml sesamsaad, vir voorsit
Plaas knoffel, gemmer, wortels en suur- lemoenskil en -sap in voedselverwerker en pols teen hoë spoed tot gladde mengsel. Plaas steaks in glasbak en bedek met wortelmengsel. Verkoel in yskas vir 8 uur of oornag. Verhit oond tot 180 ̊C. Plaas tamaties op bakplaat en rooster 20 minute of tot tamaties sag en pap is. Plaas in voedselverwerker saam met olyfolie, sojasous, sake en mirin, en puree tot fyn. Druk mengsel deur ’n sif en gooi oorblywende pitte en skille weg. Hou sous in yskas. Verhit riffelpan oor hoë hitte tot warm. Haal steaks uit yskas en krap wortelmengsel af. Smeer steak met sesam-olie en braai 5–8 minute per kant, of langer soos jy verkies. Haal steak van die hitte af en laat 5 minute rus. Sny steak in papierdun skywe, rangskik op opdienbord en skep tamatie-en-sake-sous oor. Sprinkel sesamsaad oor en sit voor.