Aspersies, framboos, spek en rys slaai

Foto: Michael le Grange


Dié rysslaai is gereeld op my tafel as bykos of sommer as ligte ete in die somer.

Genoeg vir 4

250 ml Spekko Royal Umbrella Jasmine Long Grain White Rice
250 ml Spekko Saman Brown Long Grain Rice
1,5 liter hoenderaftreksel
250 g spekblokkies
125 ml olyfolie
30ml heuning
45ml korrelmosterd
45ml witwynasyn
hand vol vars koljander, gekap
400 g vars frambose
200 g ertjies, gedompel in kookwater vir 1 minuut
sout en varsgemaalde swartpeper
400 g-pak aspersies, gedompel in kookwater vir 1 minuut

Kook twee soorte rys saam in aftreksel tot sag en gaar — so 15-20 minute. Laat afkoel. Verhit braaipan oor hoë hitte tot warm en droogbraai spek blokkies vir 2-3 minute. Meng olyfolie, heuning, mosterd, asyn en koljander vir slaaisous en hou eenkant. Plaas gaar rys in groot mengbak en voeg frambose, ertjies en gaar spek by. Gooi slaaisous oor en geur met sout en peper. Meng deur. Skep slaai ‘n diebord en pak aspersies bo-op. Sit voor.