Foto: Donna Lewis
As jy dié resep eers beproef het, sal jy besef rys hoef nooit weer gewoon te wees nie. Amandels bevat boonop baie goeie olies wat gesond vir jou is.
Genoeg vir 6 persone
45 ml olyfolie
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
20 ml swartmosterdsaadjies
320 ml basmati-rys
1 x 100 g-sakkie gevlokte amandels
640 ml hoenderaftreksel
sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit die olyfolie in ’n middelslag- braaipan tot goed warm. Voeg die ui en knoffel by. Roerbraai 3–5 minute of totdit begin verbruin. Voeg die saadjies by en braai tot hulle begin oopbars. Voeg die rys en amandels by en roerbraai nog 2 minute. Gooi die aftreksel by en kook 10–15 minute of tot die rys gaar is – gooi nog vloeistof by as dit nodig is. Geur goed met sout en peper. Sit voor.
WENK: As jy iets soek wat nog geuriger is, kan jy 20 ml komynsaad saam met die mosterdsaadjies byvoeg.