Michael le Grange
As jy my kombuis goed ken, sal jy weet dat ek baie lief is vir Afrika en sy bestanddele. Die harissapasta in dié resep kry jy om elke hoek en draai – dis ’n maklike manier om gou geur aan kos te gee.
Genoeg vir 4
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 x 130 g-houer harissapasta (kyk op jou supermark se pesto-rak)
2 x 410 g-blikke gekapte tamaties
1 x 410 g-blik kekerertjies, gedreineer
12 gekoopte beesvleisfrikkadelle
hand vol koljander, fyn gekap
olyfolie vir braai
sout en vars gemaalde swartpeper
500 ml gaar SPEKKO ROYAL UMBRELLA JASMINE RICE
Verhit ’n groot skeut olyfolie in ’n groot braaipan. Voeg uie en knoffel by en braai vir 2-3 minute tot uie begin verbruin. Voeg harissapasta en tamaties by en meng deur. Roer kekerertjies deur en geur goed met sout en peper. Pak frikkadelle in sous en sprinkel koljander oor. Maak pan toe, verlaag hitte en laat stadig prut vir 15-20 minute of tot frikkadelle gaar is. Sit warm voor met SPEKKO rys.