Roomys-en-koffie-affogato

Foto: Donna Lewis


Ek het grootgeword met roomys-floats– groenes wat onsnet by Wimpy ge- drink het. Toe ek indie stad kom, het ek die eerste keer dié grootmens-weergawe geproe. Die allerbeste is dat dit net drie bestanddele nodig het!

Genoeg vir 6 persone

12 skeute baie goeie sterk koffie,
12 amaretti-koekies (Italiaanse nog warm amandelkoekies)
1 liter goeiegehalte-roomys van jou keuse

Verdeel die koffie tussen 6 glase van jou keuse – ek verkies whiskeyglase. Skep roomysballe en plaas hulle binne-in die warm koffie. Breek amaretti-koekies oor en sit voor.

WENK: Jy kan die amaretti-koekies vervang met ander koekies van jou keuse, soos biscotti of selfs sjokoladekoekies. Hou jou oë by die supermark oop vir ’n wye reeks gegeurde koffies, soos amandel en haselneut. Vir ekstra geur kan jy sulke koffies gebruik.