Foto: Michael le Grange
Ek het grootgeword met hierdie manier van aartappelslaai maak. My ma se geheim was ’n tikkie kondensmelk vir ietsie soet.
Genoeg vir 6 persone
0 middelslag-aartappels
200 g-pakkie spek, fyngekap
1 ui, baie fyn gekap
5 agurkies, fyngekap
4 eiers, hardgekook, afgedop en gesnipper
’n hand vol vars dille, fyngekap
120 ml kondensmelk
375 ml goeie mayonnaise
30 ml heuning
30 ml mosterdpoeier
sout en varsgemaalde swartpeper
Plaas aartappels in ’n pot koue water en bring tot kookpunt. Kook tot aartappels sag en gaar is, maar nie pap nie. Dreineer en laat afkoel. Skil en sny aartappels in blokkies. Droogbraai spek in ’n warm pan en skep dit in ’n groot mengbak. Voeg aartappels, ui, agurkies, eiers en dille by. Meng kondensmelk, mayonnaise, heuning en mosterd en voeg by. Geur goed met sout en peper. Meng deur en laat staan in die yskas vir 2–3 uur voor jy dit voorsit – oornag is die beste!