Foto: Michael le Grange
Dis nie nodig om altyd baie tyd aan bykosse te bestee nie – maar as jy ’n kortpad neem, kies een wat jou groot geur gaan gee. Iets soos harissapasta uit Noord-Afrika sal jou tyd spaar én vir lekker kos sorg.
Genoeg vir 6 persone
750 g-sak baba-aartappels
20 ml olyfolie
45 ml harissapasta
500 ml room
sout en varsgemaalde swartpeper
Halveer aartappels en plaas in pot met koue water. Bring tot kookpunt en kook 15–20 minute tot aartappels sag en gaar is. Dreineer. Verhit olyfolie in middelslag- pot tot warm. Voeg harissapasta by en roerbraai 1 minuut. Voeg room by en meng deur. Laat prut 10–12 minute of tot mengsel met helfte verminder het. Geur met sout en peper. Gooi gaar aartappels by harissa-roomsous en meng deur. Sprinkel parmesaankaas oor en keer
uit op opdienbord.