Aartappelgebak met Kersgeure

Foto: Michael le Grange


Wat is Kersfees sonder sy aartappels?

Genoeg vir 6 persone

3 x 250 ml-houers room
60 ml botter
4 knoffelhuisies
10 ml fyn neutmuskaat
10 ml gemengde speserye
10 aartappels, geskil en in skywe van 5 mm dik gesny
sout en varsgemaalde swartpeper
100 g parmesaankaas, fyngerasper
100 g pekanneute, grofgekap

Verhit oond tot 180 ̊C. Plaas room, botter, knoffel en speserye in middelslag-pot en bring tot kookpunt. Voeg aartappels by en meng deur. Laat kook vir 5 minute. Spuit 25 cm-losboomkoekpan met kleefwerende kossproei. Skep laag aartappels onderin pan en geur met sout en peper. Sprinkel ’n bietjie parmesaankaas oor en herhaal in lae tot al die aartappels op is. Gooi room oor. Sprinkel neute oor. Plaas in warm oond en bak 25 minute of tot gaar. Laat 5 minute staan, verwyder pan se ring en sit voor.